

Halfeeu se vriendskap met spesiale wyn vereer
Die onlangse onthulling van Fortes Family Wines se spesiale Legacy Edition Sauvignon Blanc en Shiraz by die Baxter-teater in Rondebosch, Kaapstad, het oor veel meer gegaan as om nuwe wyne by die mark te voeg. Die David Kramer Dry White en Dry Red beliggaam ‘n storie van blywende vriendskap, wynmaakkundigheid en ‘n betekenisvolle toewyding om Suid-Afrika se teatergemeenskap op ‘n volhoubare wyse te ondersteun. Dit is nog ‘n voorbeeld van hoe die landbousektor- en veral die wynbedryf steeds ‘n ondersteunende rol speel oor breër gebiede van die samelewing.
Lees meer daaroor hier: https://www.netwerk24.com/leefstyl/kos-en-wyn/halfeeu-se-vriendskap-met-spesiale-wyn-vereer-20260206-0987