

Oestyd Brand-Risiko
🔥 Wat om te doen as ‘n brand tydens oestyd uitbreek:
1. Bly kalm en reageer vinnig
2. Bel nooddienste
3. Waarsku almal in die omgewing
4. Gebruik brandbestrydingstoerusting indien veilig
5. Beweeg voertuie en toerusting uit die pad
6. Beskerm oeste as jy kan
7. Maak seker mense en diere is veilig
8. Monitor en hou dop ná die brand
Voorkoming is beter as genesing
Voor oestyd is dit belangrik om:
- Brandstroke rondom lande en geboue te maak.
- Toerusting soos brandblussers en waterkarre gereed te hê.
- Werkers op te lei in basiese brandbestryding.
- Veldbrande dadelik aan te meld.
Nooddienste nommers:
Overstrand area: 028 312 2400
Res van die Overberg: 028 425 1690
WhatsApp en stuur pin na: 063 690 7899