Loading Events

« All Events

Die Reisigers by 7 Uile

June 20 @ 12:00 pm - 3:00 pm
R350
Luna Paige bring musiekteater na Napier
Kom sit aan vir ‘n heerlike Surinaamse/Indiese Nasi-dis

Program:
*Komplimentêre drankie & voorgereg
*Vertoning (65 minute)
*Hoofmaaltyd
*Lekker kuier
Admin:
*Bring jou eie drankies (BYOB)
*Kaartjies sluit in: konsert, verwelkomingsdrankie en twee gang maaltyd
*Besprekings: WhatsApp (slegs) Jon Daamen by 072 697 2317

*7 Uile is 14km buite Napier (aanwysings sal per WhatsApp gestuur word)
*Beperkte toegang: Slegs 34 kaartjies beskikbaar
Meer oor die vertoning:
In Die Reisigers neem Luna Paige gehore op ’n diep persoonlike én universele reis — ’n soektog na die immer ontwykende eindbestemming. Met musiek wat spruit uit haar Suid-Afrikaanse en Europese ervarings, insluitend die Spaanse Camino, verken sy temas soos beweging, innerlike stilte, verlies, selfliefde en aanvaarding. As nuuskierige waarnemer — en soms deelnemer — ontdek sy nie net kulturele verskille nie, maar veral die diep menslike ooreenkomste wat reisigers wêreldwyd verbind.
Moenie hierdie laaste geleentheid misloop nie. Voor Luna die ateljee invaar om haar nuwe album te voltooi, bring sy hierdie eksklusiewe en intieme vertoning na gehore in die Oos-Kaap en die Overberg. Die toer bestaan uit vier unieke optredes — in Jeffreysbaai, Gqeberha, L’Agulhas en Napier.

Details

Venue

  • The 7 Owls Barn
  • Tuinplaas, Farm 37
    Napier, South Africa
    + Google Map